Metaaltier (astrologie)

庚寅

Die Metaaltier (庚寅, gēngyín) is die 27ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng; die element Metaal en Jang) met die derde Aardtak (寅, yín), gesimboliseer deur die Tier (虎, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaaltierjaar het in 2010 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 14 Februarie 2010 tot 2 Februarie 2011.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search